Ooreenkomste oor gemerkte werk
'n Werkswinkel opdrag kan enige van die karaktertrekke hê:
- In die inhandig en evaluasie fase wanneer studente ander studente se werk
kan sien is daar geen kommentaar van die student wie se werk dit is aan die
student wat die werk moet merk nie. Daar sal terugvoer wees van die onderwyser
as die onderwyser die student se evaluasie merk en 'n punt daar voor gee. Die
onderwyser se kommentaar sal beskikbaar wees aan die student wie se werk dit
is en die student wat die werk gemerk het.
- In die inhandig en evaluasie fase wanneer studente ander studente se
evaluasies kan sien sal hulle toegelaat word om kommentaar by te voeg. Hulle
kan met die evaluasie saamstem of nie. As hulle saamstem met die evaluasie sal
die evaluasie punt gebruik word om die finale punt uit te werk. As hulle nie
saamstem met die evaluasie kan die student wat dit gemerk het sy evaluasie
hersien. Dit sal so aan gaan tot die student saamstem met die evaluasie of die
tyd vir evaluasies verby is. As daar nog nie 'n ooreenkoms bereik is teen die
tyd wat die evaluasies klaar moet wees nie sal die punt nie gebruik word om
die finale punt uit te werk nie.
In die tweede metode kan die stelling afgesit word wat punte vertoon. As die
'steek punte weg' opsie aangesit word, sal slegs kommentaar vertoon word aan die
student wie se werk dit is. Die punte word slegs vertoon as 'n ooreenkoms bereik
is (op kommentaar alleenlik).