Bestuur van 'n werkswinkel opdrag
'n Werkswinkel opdrag is meer kompleks as 'n gewone opdrag en bestaan uit 'n
paar fases:
- Die evaluasie van die opdrag moet in 'n paar evaluasie ELEMENTE opgedeel
word. Dit gee die studente 'n raamwerk om te gebruik in hulle evaluasies. Die
onderwyser moet die elemente/punte staat opstel. (Sien die bladsy vir
meer details.)
As die elemente opgestel is sal die onderwyser gewoonlik 'n paar
voorbeelde gee. Studente kan eers die voorbeelde evalueer voordat hulle met
hulle eie werk begin. Maar, voordat die opdrag aan die studente beskikbaar
gestel word moet die onderwyser ook die voorbeelde evalueer. Dit geen vir
die studente ook 'n idee hoe om die werkstukke te evalueer.
Die inhandiging van voorbeelde is opsioneel en dalk nie van pas by alle
voorbeelde nie.
- Die opdrag is nou oop aan alle studente. As die onderwyser voorbeelde gegee
het kan die studente gevra word om 'n sekere aantal van die voorbeelde te
evalueer. In die geval, moet die onderwyser die studente se evaluasies merk om
seker te maak dit is op standaard voordat hulle self met hulle eie werk begin.
Die standaard is gestel na 40%. As die student die benodigde aantal evaluasies
"geslaag" het, kan hulle begin om hulle eie werk in te handig.
As 'n student werk inlewer kan die onderwyser, as benodig, die werk
evalueer. Die evaluasie kan gebruik word om die student se finale punt uit
te werk. Die evaluasies kan voor en na die keer datum gedoen word.
As die opdrag deur klasgenote gemerk word, sal studente wat opdragte in
gegee het ander studente se werk gewys word om te evalueer. As hulle klaar
die werk gemerk het sal die student wie se werk dit is die evaluasie kan
sien(maar die student kan nie daarop kommentaar lewer nie). Die onderwyser
kan wel die evaluasies merk en daarvoor 'n punt gee wat gebruik sal word om
die student se finale punt uit te werk.
- Na die keerdatum, skuif die onderwyser die opdrag na die volgende fase, nou kan die studente nie meer werk in lewer of ander se werk evalueer nie.
Die onderwyser bereken nou die finale punt vir die studente. Die finale punt
bestaan uit drie komponente, die onderwyser se punt, gemiddelde punt van die
klasgenote se evaluasies en die punt wat die onderwyser vir die student se
evaluasies gegee het. Die onderwyser gee vir die drie komponente 'n
gewig voor die berekening van die finale punt.
- In die finale fase word studente toegelaat om hulle finale punt te sien. As
dit benodig word kan die onderwyser die opdrag terug skuif na die vorige fase
om veranderings te maak aan bv. die gewig van komponente.