Berekening van die final punt
Die tabel op die skerm wys hoe die student se finale punt bereken is. Die
finale punt is die som van vyf geweegde komponente.
- Die onderwyser se punt. Dit is optioneel en word slegs gebruik as die
onderwyser die werk gemerk het. As die student meer as een werkstuk in lewer
word die beste punt gevat. Hier beteken hoogste punt die hoogste punt van die
geweegde kombinasie tussen die onderwyser se punt en die klasgenote se punt...
- Die gemiddeld van die klasgenote se punt vir die werk. As die student meer
as een werkstuk ingelewer het word die beste punt gevat. Die punt kan
optioneel die onderwyser se punt insluit. Dit kan ingesluit word omdat die
klasgenote se punt baie laag is of as dit bleik dat die klasgenoot punt
bevooroordeeld is(gewoonlik baie hoog) of nie betroubaar is nie. As die
onderwyser se punt ingesluit word, word dit dieselfde behandel as die ander
punte om 'n gemiddeld uit te werk.
- Die studente se bevooroordeelde punte. As die studente se punte te
hoog of te laag is. Dit is nie 'n absolute maatstaf nie aangesien dit
gebaseer is op die verskil tussen die student se punt en die klasgenote se
gemiddelde punt vir elke werkstuk wat hulle gemerk het. Oor die algemeen
behoort die komponent nie 'n hoë gewig te hê nie.
- Die studente se betroubaarheid.Dit meet hoe goed die student ander
studente se gemiddelde punt volg. Teoreties as 'n student hoë punte gee vir
goeie werk en lae punte vir slegte werk sal sy betroubaarheid hoog wees.
- Die gemiddelde punt wat die onderwyser gee vir die student se evaluasies van
ander se werk. Dit sluit in evaluasies wat die student gemaak het op voorbeeld
werkstukke en punte wat die onderwyser toeken gedurende die evaluasie fase.
Oor die algemeen is die komponent meer belangrik as komponent 3 en 4 en moet
meer geweeg word as die vorige twee.
Die vyf komponente kan geweeg word om aan te pas by die opdrag. Byvoorbeeld
die onderwyser se punt sal baie hoër geweeg word as die studente se evalusies van
ander se werk nie 'n groot deel van die opdrag uitmaak nie. As die onderwyser
net 'n paar werkstukke merk kan die punte geignoreer word deur die gewig na 0 te
stel. As die opdrag gaan oor die studente se evaluasies en oordeel kan die
vorige twee komponente na 0 gestel word en die punt sal slegs uitgewerk word op
hulle oordeel vermoë.
Let Wel: die skerm word herhaaldelik gebruik en die finale punt word
gewoonlik eers ingesluit as al die fases afgehandel is. As die onderwyser
tevrede met die finale punt en die gewig kan die punte aan die studente bekend
gemaak word.